Ons het in 2013 Alpha wiskunde nagesien. Een van die leerlinge het nie die werk baie goed verstaan nie, maar het alles gedoen wat hy kon. Daar was nog tyd oor en hy het toe die storie van Rooikappie vir one vertel. Die volgende was aan die einde van sy vraestel:

...MAAR NOU EERS die storie van Rooikappie.

Rooikappie was lus om eendag vir haar x te gaan kuier. Op pad soontoe loop sy deur 'n binêre woud (net 10 mense sal verstaan wat dit beteken, ha-ha. Eintlik net 2 :) Sy hoor allerhande geluide in die woud. Ewe skielik draai sy om, om te sien dat....
daar sit mnr. Riemann en Newton wat tee drink in die woud. Rooikappie skrik en hardloop in 'n matriks van spinerakke vas!!! Sy gil en skree maar mnr. Cramer was nêrens nie! Later kry Rooikappie haar uit die magreeks van webbe uit. Soos sy hardloop trip sy oor 'n en sien haar hele poolvorm. So toe sy in die modder val nadat sy getrip het was al wat Rooikappie kon sê "Ag cis man!"

Fluit-fluit my storie is uit.

 

Iemand het hom opgespoor, hy is het Alpha gedruip, maar is vandag 'n mediese dokter.

Subcategories